Masoud Pezeshkian

Masoud Pezeshkian (Persies: مسعود پزشکیان; gebore 29 September 1954) is 'n Iraanse hartchirurg en hervormende politikus wat tans die president van Iran is.[1] Voor dit het Pezeshkian Tabriz, Osku en Azarshahr verkiesingsdistrik in die parlement van Iran verteenwoordig, en het ook gedien as die eerste adjunkspeaker van 2016 tot 2020. Hy was minister van gesondheid en mediese onderwys tussen 2001 en 2005 in die regering van Mohammad Chatami.[2] Pezeshkian is gedurende die 1980's tot goewerneur van beide Piransjahr- en Naghadeh-provinsies in Wes-Azerbeidjan-provinsie verkies. Hy het aan die 2013-presidensiële verkiesing deelgeneem, maar het hom onttrek en weer aan die 2021-verkiesing deelgeneem, maar is verwerp. Pezeshkian het in 2024 gekwalifiseer en die presidensiële verkiesing van 2024 op 5 Julie 2024 gewen.[3] Pezeshkian is ook die eerste Iranse president van etniese Azerbeidjanse oorsprong.

  1. Hafezi, Parisa (28 Julie 2024). "Khamenei officially endorses relative moderate as Iran's president". Reuters. Besoek op 28 Julie 2024.
  2. Hafezi, Parisa (28 Julie 2024). "Khamenei officially endorses relative moderate as Iran's president". Reuters. Besoek op 28 Julie 2024.
  3. "در مورد مسعود پزشکیان در ویکی‌تابناک بیشتر بخوانید" [Who is Masoud Pezeshkian?]. www.tabnak.ir (in Persies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2024. Besoek op 10 Junie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy